Unlimited WordPress themes, graphics, videos & courses! Unlimited asset downloads! From $16.50/m
Advertisement
  1. Computer Skills
  2. Apple

Doen meer met Apple Music Streaming Diens – Deel 1

by
Read Time:11 minsLanguages:

Afrikaans (Afrikaans) translation by Mel (you can also view the original English article)

Apple Music is ‘n musiek-streaming diens, wat in Junie 2015 begin het.  Wanneer jy deel word van Apple Music, kry jy toegang tot miljoene liedjies om te stream of aflyn te luister. Jy kry ook advertensie vrye radio stasies en musiek voorstelle.  Toe dit begin het, was daar gemengde resensies oor die diens gewees.

Aan die een hand was joernaliste mal oor Apple Music vir die groot en eksklusiewe kolleksie, die mens gedrewe radio stasis en die akkuraatheid van die speellyste.  Op dieselfde tyd het hulle die diens gekritiseer omdat die koppelvlak nie intuïtief genoeg was nie, omdat daar te veel foute was en omdat die iCloud Music Library probleme veroorsaak het. 

Met iOS 10, het die hele koppelvlak ‘n wit en swart ontwerp aangeneem en is heeltemal oorgedoen.  Terwyl die dapper ontwerp interessante nagevolge vir die algehele konsekwentheid van hoe iOS lyk gehad het, was die impak op die gebruikbaarheid fantasties.  Die her-ontwerp koppelvlak bied baie verbetering aan die ontdek en luister ervaring.

In hierdie eerste deel van drie handleidings, gaan ek wys hoe om:

  • Die voordele van die basiese funksies van Apple Music te benut.
  • Apple Music voorstelle te verfyn

Beskikbaarheid en Versoenbaarheid

Apple het die lande gelys waar Apple Music beskikbaar is, sowel as Apple Music Radio, Beats 1 Radio, of skryf aan by iTunes Match.

As jy in ‘n land bly waar Google Play nie beskikbaar is nie, laai die Musiek toepassing van die Apple webtuiste af.  Jy sal dalk die sekuriteits verstellings moet aanpas om die instellasie klaar te maak.

Apple Music is versoenbaar met iOS toestelle wat weergawe 8.4 of later bevat, iTunes weergawe 12.2 of later (op OS X Mavericks of later, Windows 7 of later), Apple Watch, Android toestelle wat weergawe 4.3 hardloop en Sonos luidsprekers.

Apple Music word nie ondersteun deur iPod nano, iPod shuffle, en werk glad nie met Chromecast toestelle nie.

Vrywaring

Daar is verskeie Android toestelle beskikbaar op die mark.  Party OEMs ontwerp hul eie gebruiker koppelvlakke as ‘n persoonlike laag bo op die standaarde Android OS, terwyl party toestelle verskillende weergawes het.

Gevolglik kan jou ervaring met die Apple Music toepassing verskil.  Die Music App is nie opgedateer met die nuutste funksies en nuwe ontwerp soos gesien in iOS 10 nie.

Vir hierdie handleiding gebruik ek: 

  • OnePlus One, met weergawe 6.0.1, nie getoets met weergawe 7.0 nie (Nougat)
  • iPad Mini 2 Retina Display wat weergawe 10.1.1 hardloop.
  • OS X EI Capitan met iTunes 12.5.3

Veranderinge in die Gebruikers Koppelvlak

Anders as ander Apple toepassings, die Musiek toepassing in iOS 10 het meeste UI konvensies weg gegee ten gunste van groot, interessante opskrifte en groot teks knoppies. Daar is ‘n opvallende afname in deersigtigheid in die koppelvlak met genoeg wit spasies.  Die gebruik van More … ikoon, word ook nou spaarsaam gebruik so veel as moontlik.

Apple Music volg nie meer die interaksie paradigmas van iTunes Store en App Store, daar is geen voorblad wat dosyne liedjies uit lig, of top liedjies en aanbevelings uit lig nie.

Terwyl hierdie definitief ‘n afname in die aantal inhoud op die skerm veroorsaak, maak dit die toepassing meer eenvoudig om te gebruik vir die wat iTunes toepassing nie so goed ken nie.

Die toepassing se agtergrond probeer nie meer om ‘n kleur met die album se kunswerk gelyk te stel nie.  Daar was probleme met hierdie benadering – onleesbare kontras, swak leesbaarheid en probleme met leesbaarheid oor die algemeen.

Alhoewel hierdie effek baie oulik was, was die moeilik op die oë.  Die liedjie informasie, aflaai ikoon, playback kontroles en die volume van die slider het ook merkbaar groter en donkerder geword.

Behalwe vir die koppelvlak se herontwerp, is min ander afdelings se name verander.

Die My Music afdeling is nou Library, die For You afdeling bevat aanbevelings soos tevore en die New afdeling is nou Browse.  Die Connect afdeling is demoveer vanaf ‘n alleenstaande afdeling na ‘n sub-afdeling van For You. Daar is ‘n aparte Search ikoon om in die Library en Apple Music katalogus te soek.

Neem Voordeel van die Basiese Funksies

Om voordeel te kan trek van Apple Music se groot katalogus, het die diens ‘n klomp hulpvolle funksies bygevoeg.

Dit het ‘n Biblioteek om jou gunsteling albums te hou, speellyste en musiek wat op die iTunes Store gekoop is, ‘n soek boks om deur die hele Biblioteek en die Apple Music katalogus te soek, behulpsame menus om liedjies en albums af te laai wanneer jy nie Internet konneksie het nie en die vaardigheid om speellyste te maak en onder beheer te hou.

Byvoeging van Musiek tot ‘n Biblioteek

Met ‘n lidmaatskap (subscription), kan jy enige musiek tot die Biblioteek byvoeg, solank as wat jou inskrywing aktief is.  Om enige item in die Biblioteek by te voeg:

Op die Mac

  • Klik + om ‘n enkele liedjie by te voeg of klik +ADD om ‘n hele album by te voeg.
  • Of, hou die muis oor die item stil en by die More… opsies, klik Add to Library.
  • Om ‘n speellys by the voeg, klik +ADD.  Jy kan die speellys aan die kant van die Library kry onder Apple Music Playlists.
add-music-to-library-macadd-music-to-library-macadd-music-to-library-mac
Byvoeging van Musiek tot jou Biblioteek in Mac

Op iOS

  • Klik + om ‘n enkele liedjie by te voeg of +ADD om ‘n hele album by te voeg. 
  • Of, klik die More… ikoon en klik dan Add to Library.
  • Om ‘n speellys by te voeg, klik Subscribe.
  • Jy kan dit vind by Library > Playlists.
add-music-to-library-iosadd-music-to-library-iosadd-music-to-library-ios
Byvoeging van Musiek tot die Biblioteek op 'n iOS toestel

Op Android

  • Klik + om ‘n hele album by te voeg, of gebruik die More… ikoon.
  • Klik + om ‘n enkele liedjie by die biblioteek by te voeg.
adding-music-to-library-androidadding-music-to-library-androidadding-music-to-library-android
Byvoeging van Musiek tot jou Biblioteek op Android Toestelle

Wanneer jy enige musiek in die Biblioteek byvoeg

  • Die album, speellys of liedjie word bygevoeg tot die Recently Played afdeling van die Biblioteek waarna jy kan gaan kyk.
  • Die Biblioteek word gesinkroniseer met al die toestelle, as jy die iCloud Music Library aanskakel.
  • Dit stuur ‘n sein na Apple Music, dat van ‘n sekere kunstenaar hou end it volg hulle outomaties vir jou.
  • Om items tot die Biblioteek by te voeg sal help om die aanbevelings te verfyn.

Soek in Apple Music

In iTunes is daar ‘n Search boks in die top-regter kant van die venster. Jy kan hierdie boks gebruik om musiek van jou Biblioteek of van die hele Apple Music te soek.  Klik ‘n onlangs gesoekte item om vining terug by die vorige resultate uit te kom.  Selfde ding geld vir ‘n iOS en ‘n Android toestel. 

  • Om te sien watter soek items popular in jou area is
  • Om kunstenaars, albums of liedjies te kry waarvan jy ‘n persoonlike Apple Music Radio stasie kan maak  
  • Om die items te sien wat jy onlangs opgesoek het.  Klik clear, om al die soek items weg te vat.
search-apple-music-macsearch-apple-music-macsearch-apple-music-mac
Soek in Apple Music

Jy kan Siri gebruik om op enige tyd in Apple Music te soek.  Die bested eel daarvan om Siri te gebruik vir Apple Music, is die stywe intergrasie, jy hoef glad nie die toepassing oop te maak of in te tik nie.  Jy kan instruksies gebruik soos: 

  • Speel die top liedjies van 2016 
  • Speel meer liedjies soos hierdie 
  • Voeg die nuwe Britney Spears album tot my Biblioteek 
  • Speel iets om op te oefen 
  • Speel my nuwe vrystellings

Hierdie is net ‘n paar voorbeelde, jy kan meer probeer om wonderlike dinge met Siri te doen.

Laai Musiek Af om Aflyn Daarna te Luister

Sodra jy ‘n album of ‘n liedjie bygevoeg het, kan jy dit aflaai.  Jy kan na jou gunsteling musiek aflyn luister sonder enige internet konneksie. 

As jy ‘n Android toestel het met ‘n microSD kaart, Apple Music ondersteun hulle. Dit kan al die musiek op die microSD kaart stoor.

Op die Mac

Daar is ‘n Download ikoon langs elke liedjie.

By die Albums, is daar ‘n Download ikoon naby die regter kant van die album se boonste gedeelte.

download-music-to-your-macdownload-music-to-your-macdownload-music-to-your-mac
Laai musiek af op jou Mac vir aflyn genot

Om die afgelaaide items te sien, gaan na iTunes > Library.  Dan, vanaf die menu in die bokant van die iTunes venster, kies View > Only Downloaded Music.  Kies View > All Music om al jou musiek weer te sien.

view-downloaded-music-macview-downloaded-music-macview-downloaded-music-mac
Sien afgelaaide musiek op jou Mac

Op die iOS

Daar is ‘n Download ikoon langs elke liedjie.  By Albums, is daar ‘n Download ikoon naby die regter kant van die album se boonste gedeelte. 

download-music-to-iosdownload-music-to-iosdownload-music-to-ios
Laai musiek af op jou iOS toestel

Om die afgelaaide items te sien, gaan na Library > Downloaded Music.  ‘n Boodskap wat sê Wys net musiek op hierdie toestel, verskyn aan die bokant van die skerm.  Klik weer op Library om al jou musiek te sien.

view-downloaded-music-iosview-downloaded-music-iosview-downloaded-music-ios
Sien afgelaaide musiek op jou iOS toestel

Op Android

Gaan na My Music en klik op die More… ikoon aan die regter kant van die liedjie, album of speellys.  Klik Download om die item aflyn te stoor.

download-music-androiddownload-music-androiddownload-music-android
Laai albums af op jou Android toestel om aflyn te luister

Sorteer en Skommel Liedjies

iOS 10 se verstek is om liedjies by die kunstenaar te sorteer in die Musiek toepassing.  Jy wil gewoonlik musiek vind deur ‘n spesifieke liedjie, en nie die kunstenaar nie.  Om hierdie te verander, gaan na Settings > Music, dan onder die Biblioteek afdeling, sal daar ‘n Sort Songs & Album instelling wees. 

Klik daarop om die sorteer settings op te bring, en klik dan By Title.  Jou liedjies sal weer in alfabetiese volgorde wees. Die sorterings kriterea wat jy kies sal van toepassing wees op beidie liedjies, en albums, daar is geen manier om hulle individueel te sorteer nie.

sort-songs-ios-devicesort-songs-ios-devicesort-songs-ios-device
Sortering van liedjies en albums op 'n iOS toestel

Wanneer jy ‘n liedjie speel, sal jy ‘n speler aan die onderkant van die skerm sien.  Klik of swipe op op die speler aan die onderkant om die Now Playing skerm en kontoles te sien. Hier kan jy rewind, pause, of fast forward, die volume reguleer, die lirieke lees en nog meer.

Beweeg op op die Now Playing skerm, en jy sal die Up Next lyn sien.  Die Shuffle en Herhaal knoppies is aan die regter kant van die Up Next

location-of-shuffle-and-repeat-buttonslocation-of-shuffle-and-repeat-buttonslocation-of-shuffle-and-repeat-buttons
Waar om die Shuffel en Repeat knoppies te kry 1. Shuffle knoppie 2. Repeat knoppie 

Klik Shuffle om die liedjies te in die album of speellys skommel. Klik Repeat een keer oom ‘n hele album of speellys te herhaal, of twee keer om net een liedjie te herhaal.  As jy die Herhaal knoppie vir die derde keer druk, gaan dit weer terug na die begin.

Maak Gebruik van Speellyste in Apple Music

Apple Music streaming diens bevel baie inhoud aan deur speellyste.  Dit gebruik ‘n strategie waarin jy nuwe musiek kan ontdek en na jou gunsteling musiek kan luister deur masjien en mens-gedrewe kurasie. 

As jy skaars speellyste gebruik, begin hulle gebruik want Apple Music inhoud is goed geteiken, goed geposisioneer via die kort inleading teks en album bedekkings.

Met die iOS 10 opdatering, fokus Apple Music op algoritmiese speellyste en persoonlike kurasie is die moeite werd om te noem.  For You is die hart van Apple Music.  Dit maak aanbevelings gebasseer op waarna jy aktief luister, die wat jy van hou en nie van hou nie, en musiek wat jy in die iTunes Store koop.  Dit bied ook twee persoonlike speellyste in ‘n mallemeule aan die bokant.

My New Music Mix, word elke Vrydag verfris. Dit stal nuwe musiek uit van kunstenaars wat Apple Music dink jy van sal hou.

My Favorites Mix, word elke Woensdag verfris.  Dis ‘n samestelling van treffers, diep snye en liedjies verwant aan jou gunsteling kunstenaars.

Beweeg af en jy sal ‘n afdeling met daardie dag se speellyste sien.  Die speellys verander elke dag en die aanbevelings is ‘n kombinasie van genres waarvan jy hou, soortgelyke kunstenaars wat Apple Music voorstel en meer.  Volgende is Artist Spotlight Playlists, wat fokus op musiek deur ‘n spesifieke kunstenaar of hulle invloede.

new-music-mix-apple-musicnew-music-mix-apple-musicnew-music-mix-apple-music
New Music Mix in Apple Music bied vir jou nuwe musiek elke Vrydag

Terwyl die For You afdeling grootliks fokus op algoritmiese speellyste, fokus die Browse afdeling op persoonlike kurasie.

Jy sal speellyste kry georganiseer deur beide kurasie-tipe en aktiwiteits gebasseerde speellyste (wanneer jy in verskillende buie is of besig is met verskillende werk of aktiwiteite soos kos maak, leer, hardloop, romanties en meer).

browse-section-playlist-apple-musicbrowse-section-playlist-apple-musicbrowse-section-playlist-apple-music
Saamgestelde afdeling speellys in Apple Music

Klik die New Music Playlists afdeling, en jy sal aanbevelings sien van musiek kenners op elke genre.  Die ontdekkings proses hier is meestal gedrewe deur onderwerp.  Terwyl jy dalk altyd na musiek wil luister gebasseer op jou aanbevelings, laat Apple Music jou toe om nuwe musiek te ontdek.

new-music-playlists-apple-musicnew-music-playlists-apple-musicnew-music-playlists-apple-music
Nuwe musiek speellyste gebasseer op die redakteur se gradering

Uiteindelik sal jy sien die speellyste is rangskik volgens genre.

Klik op enige genre van die speellys afdeling om ‘n deeglike lys van saamgestelde en konteks speellyste.  In elke genre sal jy ‘n speellys sien wat daardie week gewild is, die redakteur se gunstelinge, kunstenaar speellyste en meer sien.

playlist-by-genreplaylist-by-genreplaylist-by-genre
Speellyste by Genre in Apple Music

Skep en Beheer Slim Speellyste

Vanaf die bekendstelling van Apple Music, kon jy dalk baie items by jou biblioteek gevoeg het.  Jy mag dalk ook mal gewees het oor party liedjies op daardie albums.  As jy graag al daardie liedjies saam wil sien in ‘n speellys, dan maak ons ‘n slim speellys.

Kies File > Nuut > Slim Speellys, of druk Command-Option-N.

create-smart-playlistcreate-smart-playlistcreate-smart-playlist
Skep 'n nuwe slim speellys

Maak ‘n slim speellys met kriteria as Loved en die kondisie as waar.  Klik die Live updating boks, dit sal verseker dat die inhoud van hierdie slim speellys jou die nuutste liedjies wys waaroor jy mal is in die Music Library.  Klik OK om hierdie speellys te stoor.

rule-box-smart-laylistrule-box-smart-laylistrule-box-smart-laylist
Kriteria boks van slim speellyste

Klik op die hartjie om die liedjie te Love, dan klik More… > Add to My Library om die liedjie in jou Biblioteek te voeg.

smart-playlist-loved-songssmart-playlist-loved-songssmart-playlist-loved-songs
Slim speellys vir liedjies met die hartjie

Die Slim Speellys word gesinkroniseer met ander toestelle, en jy behoort hierdie speellys in Windows, Android of ‘n iOS toestel te sien.

Op die iOS toestel, klik op die Biblioteek knoppie wat onder die title is.  Kies die Playlists knoppie om al die speellyste te sien wat jy gemaak het, insluitend die Apple Music speellys.

Op Android, klik die hamburger menu en dan die Playlists knoppie.

loved-playlist-android-deviceloved-playlist-android-deviceloved-playlist-android-device
Jou loved speellys liedjies saam met jou Android foon

Vanaf nou, werk hierdie metode net wanneer jou album of speellys in die For You afdeling is.  Dit beïnvloed nie Apple Music Radio nie.  Onthou ook, die Love knoppie in Apple Music is nie om ‘n speellys te maak nie, jy maak net die liedjies waarvan jy hou meer ontdekbaar.

Met Slim speellyste kan jy ook uitvind watter liedjies in die iTunes biblioteek van Apple Music af kom.  Maak ‘n nuwe slim speellyd met hierdie kondisie:

Media Tipe is Musiek 
iCloud Status is Apple Music

Klik die + knoppie na die eerste kondiesie om die tweede een by te voeg.

rule-box-separate-tracks-from-iTunesrule-box-separate-tracks-from-iTunesrule-box-separate-tracks-from-iTunes
Slim speellys om te sien watter liedjies in jou iTunes biblioteek kom van Apple Music af

Om te sien watter Apple Music liedjies waardevolle spasie op ‘n Mac opvat, maak ‘n slim speellys met die kondiesie: Plek is op hierdie rekenaar

smart-playlist-downloaded-apple-musicsmart-playlist-downloaded-apple-musicsmart-playlist-downloaded-apple-music
Slim speellyste om te sien watter liedjies wat afgelaai is kom van Apple Music af

Volgende

In die volgende handleidings gaan ek jou wys hoe om:

  • Apple Music Aanbevelings Persoonlik te Maak
  • 'n Persoonlike radio stasie in Apple Music te skep

en

  • Aflyn musiek in PCs en slimfone te beheer
  • Lirieke te kry vir die liedjies waaroor jy mal is
  • 'n Apple Music lidmaatskap te deel
Advertisement
Advertisement
Looking for something to help kick start your next project?
Envato Market has a range of items for sale to help get you started.