Unlimited WordPress themes, graphics, videos & courses! Unlimited asset downloads! From $16.50/m
Advertisement
  1. Computer Skills
  2. Apple

Doen Meer met Apple Music Streaming Diens – Deel 3

by
Read Time:14 minsLanguages:

Afrikaans (Afrikaans) translation by Mel (you can also view the original English article)

In die vorige handleidings het jou gewys hoe om voordeel te trek van die basiese funksies van Apple Music.

For You is die hart van Apple Music. Met verdere verfyning kan jy die hele ontdekking en luister ervaring verander en verbeter.

In die laaste van drie handleidings gaan ek jou wys hoe om:


  • Aflyn musiek in PCs en slimfone te beheer
  • Lirieke te kry vir die liedjies waaroor jy mal is
  • ‘n Apple Music lidmaatskap te deel

Skep ‘n Persoonlike Radio Stasie in Apple Music

Met ‘n Apple Music lidmaatskap, kan jy na saamgestelde aangevraagde stasies luister of jy kan jou eie stasies skep. Hierdie stasies het nie advertensies nie en jy kan oneindigende liedjies verbyslaan.

Apple Music Radio laat jou toe om na ‘n paar Gewilde Stasies te luister, maar dit beperk jou luister ervarings heelwat. Jy kan jou eie persoonlike radio stasie skep en die meeste voordeel kry uit die baie inhoud van Apple Music.

Apple Music Radio stasies speel nie net musiek van die kunstenaar nie; agter die skerms werk hulle soos ‘n Genius speellys. Byvoorbeeld, as jy ‘n album kies vir ‘n Apple Music Radio stasie, kan jy na liedjies op daardie album luister, sowel as ander deur dieselfde kunstenaar en soortgelyke kunstenaars ook.

Op ‘n Mac

Klik die Search boks in die regter hoek bo aan iTunes. Tik die kunstenaar se naam, album of liedjie in en klik All Apple Music.

Scroll na die Stations afdeling en kies die stasie waarna jy wil luister. Jy kan toegang tot die nuwe stasies kry in die Recently Played afdeling van Radio.

choose-premade-station-apple-musicchoose-premade-station-apple-musicchoose-premade-station-apple-music
Kies voorafgemaakte stasies van Apple Music Radio

Terwyl jy na ‘n persoonlike radio stasie luister, klik die Star ikoon in die Now Playing skerm en kies of Play More Like This of Never Play This Song. Wanneer jy dit doen, leer Apple Music van jou voorkeure, jou Likes en Dislikes, wat weer per beurt vir jou beter aanbevelings gee.

Klik Add to Library om die liedjie in jou biblioteek te stoor.

fine-tune-custom-radio-station-macfine-tune-custom-radio-station-macfine-tune-custom-radio-station-mac
Klik Star om jou radio stasie te verfyn

Op iOS

Klik die Search knoppie onder aan die skerm. Tik die kunstenaar se naam, album of liedjie in en klik Apple Music.

Scroll na die Stations afdeling en kies die stasie waarna jy wil luister.

Kry toegang tot jou nuwe stasie in die Recently Played afdeling by Radio. Hierdie stasies sync outomaties met Mac ook wanneer die iCloud Music Library aan is.

create-premade-station-ioscreate-premade-station-ioscreate-premade-station-ios
Kies voorafgemaakte stasies van Apple Music Radio

Wanneer jy ‘n liedjie of kunstenaar vind waarvoor jy ‘n radio stasie wil skep, gebruik 3D touch of klik die More… ikoon.

Klik Create Station om jou radio te begin speel. Jy kan ook vir Siri vra om ‘n stasie te begin en dan sê jy net die naam van die liedjie, album of kunstenaar.

create-custom-radio-station-ioscreate-custom-radio-station-ioscreate-custom-radio-station-ios
Skep 'n persoonlike radio op iOS

Op Android

Klik die Search ikoon aan die bokant van die skerm. Tik die kunstenaar, album of liedjie in en klik All Apple Music.

Scroll na die Stations afdeling en kies die stasie waarna jy wil luister.

Jy kan hierdie stasies in die Recently Played afdeling vind in jou Radio. Hierdie stasies sync met ‘n Mac en iOS toestel wanneer jy die iCloud Music Library aanskakel.

choose-premade-station-androidchoose-premade-station-androidchoose-premade-station-android
Kies voorafgemaakte radio stasies in 'n android toestel 

Wanneer jy ‘n liedjie of kunstenaar vind waarvan jy ‘n stasie wil maak, klik die More… ikoon en klik Radio om te begin.

start-radio-station-from-a-song-androidstart-radio-station-from-a-song-androidstart-radio-station-from-a-song-android
Begin die radio stasie vanaf enige liedjie of album

Beheer aflyn Musiek op PCs en Slimfone

Met ‘n aktiewe Apple Music lidmaatskap kan jy:

  • Voeg enige liedjie, speellys of album vanaf die Apple Music Library na die local Library en luister aflyn – Dit werk goed wanneer jy nie Internet konneksie het nie.
  • Stream hulle direk – Tegnies laai dit die hele liedjie waarna jy luister af en speel dit. As jy hulle weer speel, word julle op die toestel gestor. iTunes beheer hierdie en haal leêrs af soos wat jou disk spasie kleiner word.  

Op 'n Mac

iTunes stoor caches in ‘n versteekte Biblioteek leêr en hierdie leêr kan glad nie gesien word nie.   

Om dit weer sigbaar te maak, druk die Option knoppie terwyl jy in die Go menu of Finder is. Gaan na:

~/Library/Caches/com.apple.itunes

Op Windows word die cache hier gestoor:

C:\Users\Username\AppData\Local\Apple Computer\iTunes (vervang die gebruikersnaam met die User Name)

Die SubscriptionPlayCache leêr bevat regte musiek leêrs, en die fsCachedData leêr bevat moontlik album kunswerk. Afhangende van gebruik kan die leêrs se grootte enige iewers van ‘n paar megabytes tot ‘n paar gigabytes wees.

location-cached-folder-ituneslocation-cached-folder-ituneslocation-cached-folder-itunes
Waar om die leêr in Finder te kry

As jy wonder waarna jy geluister het, en jy wil sy cache uitvee, View Cached Music toepassing sal basiese informasie oor die audio leêrs gaan haal en vertoon. Van daar af kan jy toegang kry tot die leêrs, album kunswerk sien, en selfs mp3 leêrs heeltemal verwyder. 

Wanneer jy enige liedjie of album van Apple Music aflaai, word dit gestoor in ~/Music/iTunes/Apple Music (dit is die verstek leêr plek), tensy jy dit verander het by iTunes Preference > Advanced

In Windows word musiek gestoor in:

C:\Users\username\My Music\iTunes\Apple Music (vervang gebruikersnaam met jou gebruikers naam)

In iTunes, sekondêre-klik die liedjie, album of speellys wat jy wil verwyder.

Kies Remove Download om die item van aflyn luister te verwyder. Die item sal in die biblioteek bly op al die toestelle.

Kies Delete From Library om die item heeltemal te verwyder van die biblioteek op alle toestelle.

remove-offline-music-from-apple-musicremove-offline-music-from-apple-musicremove-offline-music-from-apple-music
Verwyder aflyn albums in Apple Music

Op iOS

Om stoorplek te beheer op ‘n iOS toestel is gewoonlik moeilik. As jy musiek stream an ‘n iOS toestel met Apple Music, of dit sync met iCloud Music Library, sal die iOS toestel musiek aflaai op jou aanvraag.

Soos jy stream en aflaai, word jou spasie op die iOS toestel kleiner. Met iOS 10, het Apple ‘n nuwe instelling bygevoeg wat iOS toelaat om outomaties musiek te verwyder van die toestel wat nie onlangs gespeel is nie.

Eers voorgestel as deel van die iCloud Foto Biblioteek, Optimized Storage laat jou toe om ‘n gedeelte van jou biblioteek op die toestel te hou (afhangende van die vrye stoor spasie) en verwyder outomaties ouer items om plek te maak vir nuwer items soos tyd aan gaan. 

Gaan na Settings > Music en kyk na die Downloads afdeling en klik Optimize Storage.

In teenstelling met die iCloud Foto Biblioteek se instelling, kan jy die minimum nommer liedjies beheer wat afgelaai bly op die toestel met vier opsies:

  • 2 GB, rondom 400 liedjies 
  • 4 GB, rondom 800 liedjies 
  • 8 GB, rondom 1600 liedjies
  • 16 GB, rondom 3200 liedjies

Kies 8 of 16 GB as jy genoeg stoor spasie vir die musiek kolleksie het, anders kies ‘n kleiner opsie.

optimize-storage-ios-deviceoptimize-storage-ios-deviceoptimize-storage-ios-device
Kies die stoor limiet vir jou iOS toestel. As jy 'n 64 of 128GB iPad het, sal die limiet baie hoër wees

Om die aantal stoorplek te sien en beheer wat die Music toepassing gebruik, gaan na Settings > General > Storage & iCloud Usage > Manage Storage en klik op die Music app.

Klik Edit om die liedjie, speellys of album self te verwyder.

manage-storage-ios-devicemanage-storage-ios-devicemanage-storage-ios-device
Beheer jou stoor op jou iOS toestel

Op Android

As jy die Apple Music toepassing op ‘n Android foon gebruik, kan jy ‘n aparte toelaag stel vir die speel cache.

Klik die hamburger menu en druk Settings. Gaan a fen kies Playback Cache. Kies die grootte gebasseer op jou behoeftes en toestel stoorspasie.

  • 0 MB
  • 200MB
  • 500MB
  • 1GB
set-playback-cache-android-deviceset-playback-cache-android-deviceset-playback-cache-android-device
Stel Playback Cache op 'n android toestel

Om die cache skoon te maak, gaan na Settings, druk App Settings en kies die Apple Music toepassing vanaf die lys van geïnstalleerde toepassings.

Klik die Clear Cache knoppie, wag ‘n paar minute en kyk weer na die stoor spasie.

clear-cache-android-deviceclear-cache-android-deviceclear-cache-android-device
Herstel cache leêrs op 'n android toestel

Om aflyn musiek te verwyder, gaan na My Music, klik Albums, Artists of Songs, en skakel die Only Downloaded Music knoppie aan.

view-downloaded-music-androidview-downloaded-music-androidview-downloaded-music-android
Sien net afgelaaide musiek op jou android foon

Klik die More… ikoon aan die regter kant van die liedjie, album of speellys wat jy wil verwyder.

Kies Remove Download om die vanaf die aflyn luister afdeling te verwyder. Die item bly nog steeds in die biblioteek op al die toestelle. Kies Delete from My Music om die item heeltemal van die biblioteek te verwyder op al die toestelle.

remove-offline-music-androidremove-offline-music-androidremove-offline-music-android
Verwyder aflyn musiek in jou android foon

Vanaf die 1ste Februarie 2016, ondersteun Apple Music microSD kaarte. So, as jy ‘n toestel het wat microSD kaarte ondersteun, sal Apple Music jou toelaat om jou aflaai area te verander vanaf toestel stoorspasie na SDkaart met ‘n enkele klik.

Daardie leêrs is by vertek nie sigbaar nie en die DRM is beskermd. 

download-music-sdcard-androiddownload-music-sdcard-androiddownload-music-sdcard-android
As jou android foon sd kaarte ondersteun, kan jy kies waarheen om jou musiek te skuif

Kry Lirieke vir die Liedjies Waaroor jy Mal is

Voor iOS 10, was die enigste manier om die lirieke op die Music toepassing op ‘n iOS toestel by te voeg, om dit self in te tik met iTunes. Jy moes die lirieke van die liedjie Google met die risiko dat jy na webtuistes gevat word met advertensies en soms verkeerde lirieke.

Hulle is ook nie geïntegreer met die Music toepassing nie.

Met iOS 10, het Apple Music amptelike gelisensieerde lirieke tot die luister ervaring bygevoeg. Selfs al is die lirieke vir ‘n sekere liedjie nie beskikbaar nie, kan jy altyd derde-party toepassings probeer.  Daar is twee spesifieke toepassings – Musixmatch Lyrics Finder toepassing vir iOS en Android, en Shazam vir iOS. Shazam vir Android werk nie met Apple Music nie.

Albei Musixmatch en Shazam bied a regte-tyd, musiek identifikasie diens aan. Hulle hardloop altyd in die agtergrond en identifiseer die liedjie so gou as moontlik.

Alhoewel jy lirieke in Apple Music kan sien, gee hierdie twee toepassings jou ‘n baie beter ervaring – jy kan musiek geniet met regte-tyd synced lirieke en saam sing as jy wil, groot lirieke databasis en die vermoë om lirieke met vriende en familie te deel.

Op 'n Mac

Om lirieke te sien, speel ‘n liedjie en klik die Up Next menu. Daar is drie opsies: Up Next, History en Lyrics. As jy ‘n liedjie vind waar Apple die lirieke aanbied, sal jy hulle hier sien.

view-lyrics-song-mac-itunesview-lyrics-song-mac-itunesview-lyrics-song-mac-itunes
Sien lirieke van die liedjie in Apple Music

Jy kan ook lirieke vanaf die Miniplayer venster sien (Shift-Command-M). Klik die Up Next knoppie en klik dan op Lyrics.

view-lyrics-miniplayer-itunesview-lyrics-miniplayer-itunesview-lyrics-miniplayer-itunes
Sien lirieke in mini speler venster in iTunes

Op iOS

Terwyl jy na ‘n liedjie luister, klik of trek die speler aan die onderkant van die skerm op en maak die Now Playing skerm oop. Gaan ‘n klein bietjie af en klik dan op die Show Lyrics knoppie.

view-lyrics-ios-now-playing-screenview-lyrics-ios-now-playing-screenview-lyrics-ios-now-playing-screen
Sien lirieke op die iOS in Now Playing skerm

Of, klik op die More… ikoon en klik dan Lyrics om die lirieke vol skerm te sien.

view-full-screen-lyrics-iosview-full-screen-lyrics-iosview-full-screen-lyrics-ios
Sien vol skerm lirieke op jou iOS toestel

As jy nie die lirieke vir ‘n spesifieke liedjie kry nie, installeer Musixmatch toepassing en voeg hierdie widget tot die kennisgewing se sentraal. Voeg die widget aan die bokant om dit permanent sigbaar te maak.

Wanneer jy die liedjie begin speel, sal die widget die speel kontroles en regte-tyd lirieke wys saam met ‘n kunswerk voorsmaak van die album. Jy kan ‘n liedjie van hier af skip, of klik op Show Less om lyn vir lyn die lirieke te sien.

As jy ‘n vertalingsknoppie sien, beteken dit dat ‘n sekere liedjie beskikbaar is in ‘n ander taal. Klik om die lirieke in die Musixmatch toepassing oop te maak.

track-related-controls-musixmatchtrack-related-controls-musixmatchtrack-related-controls-musixmatch
Soek verwante kontroles in musixmatch midget

Jy kan na die liedjie in die Musixmatch toepassing ook luister. Dubbel-klik enige iewers om tussen die vol skerm lirieke en die lyn by lyn lirieke te beweeg.

Aan die onderkant sal jy die speel kontroles, volume verstellings ikoon en ‘n Love ikoon kry om jou liedjie by jou gunsteling liedjies te voeg.

Op Android

Terwyl jy na die liedjie luister, kan jy maklik die lirieke van die liedjie sien in die kennisgewing area van jou toestel.  Gaan na System Settings > Notifications > Notification Access. As jy Android weergawe 4.3 hardloop, gaan na Settings > Accessibility > Services menu.

Skakel die Musixmatch toepassing skakelaar aan om die toepassing toegang tot die kennisgewing te gee. Begin enige liedjie speel in Apple Music en binne sekondes sal dit die liedjie identifiseer.

musixmatch-notification-access-androidmusixmatch-notification-access-androidmusixmatch-notification-access-android
Vind die musixmatch skakel in die kennisgewing area van jou android foon

As jy besluit om die kennisgewing toegang af te skakel, dan begin ‘n liedjie in Apple Music speel, loods die Musixmatch toepassing en klik Identify Lyrics. Laat Musixmatch luister na wat speel, dan sal dit die cover kuns en die lirieke wys.

identify-lyrics-in-musixmatch-appidentify-lyrics-in-musixmatch-appidentify-lyrics-in-musixmatch-app
Identifiseer lirieke in musixmatch toepassing

Net soos in iOS, dubbel-klik enige iewers op die skerm om tussen die lyn tot lyn en die vol skerm lirieke te verander. In die lirieke skerm, klik die Love ikoon om die liedjie te merk as ‘n gunsteling, en as jy ‘n iOS toestel het, dan sal die gunstellinge gesync word.

lyrics-screen-musixmatch-applyrics-screen-musixmatch-applyrics-screen-musixmatch-app
Lirieke skerm anatomie van musixmatch toepassing

In plaas daarvan dat jy die lirieke vol skerm sien, kan jy dit in ‘n drywende widget sien wat opspring sodra jy ‘n liedjie speel. Die opwip venster wys die lirieke van ‘n liedjie en jy kan die dimensies van die venster vermeerder of verminder soos jy wil.

Om drywende lirieke te kry, loods Musixmatch toepassing en klik Settings. Onder die FloatingLyrics afdeling, en: 

  • Skakel deursigtigheid aan – Die drywende widget sal ligter word soos die liedjie aanhou speel, wat die lirieke nog sigbaar hou.
  • Slim minimaliseer – Wanneer jy hierdie aanskakel, sal die lirieke na die kant toe skyf en jy kan enige tyd weer toegang daartoe kry. 
  • Onthou die laaste venster staat van die drywende lirieke widget.
floating-widget-musixmatch-androidfloating-widget-musixmatch-androidfloating-widget-musixmatch-android
Floating widget in aksie

Deel ‘n Apple Music Lidmaatskap

Apple Music het twee lidmaatskap opsies:

  1. Individueel, en
  2. Familie lidmaatskap

Met ‘n Familie lidmaatskap, kan families van tot en met ses mense die voordele geniet. As jy deel Apple Music geword het as ‘n individuele lid kan jy dit enige tyd verander na ‘n Familie lidmaatskap, en andersom ook. 

Vir ‘n familie lid, bied die Apple Music lidmaatskap vir hulle baie voordele. Dit laat elke lid toe om hulle eie iCloud Music Library met hulle eie Apple ID’s te hê, om enige musiek af te laai wat deur die organiseerder gekoop is en om hul eie biblioteek speellyste te handhaaf op enige toestelle wat hulle besit. 

Om ‘n Familie Lidmaatskap te gebruik, moet jy Family Sharing opstel op jou Mac en iOS toestel. Om meer lede by te voeg, klik Manage Family en klik dan + en volg die instruksies op die skerm.  Stuur ‘n uitnodiging na hul verkose epos address. Die lid moet die uitnoding aanvaar ander sal hul status nie aanvaar word nie.

add-family-member-macadd-family-member-macadd-family-member-mac
Klik plus om 'n familie lid by te voeg

Sodra jy ‘n uitnodiging gestuur het, kyk na hul status onder die persoon se naam. Gaan na System Preference > iCloud en klik op Manage Family. Kies die persoon se naam om die status van die uitnodiging te sien en of hulle dit aanvaar het of nie.

check-status-family-member-maccheck-status-family-member-maccheck-status-family-member-mac
Sien die status van jou familie lid in iCloud Preferences

Op 'n Mac

Maak iTunes oop. Vanaf die menu aan die bokant van die iTunes venster, kies Account > View My Account.

account-info-itunesaccount-info-itunesaccount-info-itunes
Klik die rekening inligting in iTunes 

Op die Account skerm, gaan na die Settings afdeling en klik Manage. As jy meer as een subscription het, klik Edit aan die regter kant van jou Apple Music Lidmaatskap.

manage-subscription-itunesmanage-subscription-itunesmanage-subscription-itunes
Beheer lidmaatskap van Apple Music in iTunes

Kies die Family Membership vanaf hierdie skerm en skakel die outomatiese hernuwing aan. Klik Done om terug te gaan na die My Account skerm.

Die lidmaatskap mag dalk hernu word as jy nie die Outomatiese Hernuwing afskakel binne agt ure van die hernuwings datum nie. Wanneer die Outomatiese Hernuwing afgeskakel is, sal die betaalde Apple Music lidmaatskap outomaties eindig aan die einde van die faktuur siklus.

choose-family-membership-ituneschoose-family-membership-ituneschoose-family-membership-itunes
Kies familie lidmaatskap vanaf hierdie skerm

As jy ‘n Individuele Apple Music Lidmaatskap het en wil oor gaan na ‘n Familie Lidmaatskap, moet jy eers die outomatiese hernuwing afskakel vanaf die My Account skerm end an die organiseerder vra om jou uit te nooi om deel te word van die groep.

As jou kinders individuele iTunes rekeninge het Apple Music vir lang tydperke gebruik, dan kan jy hulle byvoeg op jou Familie Lidmaatskap. Geen data, speellyste of aanbevelings sal van hul rekeninge verwyder word nie. 

Op iOS

In die Music toepassing, klik die For You afdeling. Kies die profiel ikoon wat regs in die boonste hoek voorkom. Klik View Apple ID en teken by die rekening in.

apple-id-ios-deviceapple-id-ios-deviceapple-id-ios-device
Sien Apple ID op jou iOS toestel

Onder Subscriptions, klik Manage. As jy meer as een inskrywing het, klik Apple Music Membership. Kies Family Membership en skakel die Outomatiese Hernuwing aan.

As jy nie hierdie opsie sien nie, gaan jou inskrywing outomaties stop aan die einde van die faktuur siklus.

choose-family-membership-ios-devicechoose-family-membership-ios-devicechoose-family-membership-ios-device
Verander lidmaatskap op jou iOS toestel

Op Android 

Op die Android kan jy nie direk deel word van ‘n Familie Lidmaatskap nie. Skakel eers die Outomatiese Hernuwing af vir die Indivduele Lidmaatskap.

Vra die organiseerder van die Familie Lidmaatskap om jou uit te nooi om deel te word van die groep. Sodra jy die uitnodiging aanvaar het, maak die Apple Music toepassing oop en maak seker dat jy wel deel van die groep is.

manage-apple-music-membership-androidmanage-apple-music-membership-androidmanage-apple-music-membership-android
Beheer Apple Music lidmaatskap op jou android foon

Afsluiting

As ‘n Apple Music lid, het jy toegang tot miljoene liedjies vir streaming en kan jy na dosyne advertensie vrye radio stasies luister. Alhoewel dit subjektief is om na die liedjies te luiter, kan jou ervaring van die Apple Music toepassing verskil van ander.

Party mense hou dalk net daarvan om radio, hul eie saamgestelde speellyste in For You en in Library of nuwe vrystellings te luister, en party mag dalk kies om na albums te luister wat hulle in die iTunes winkel gekoop het.

In hierdie handleiding reeks het ek jou verskillende maniere gewys waarop jy Apple Music kan gebruik. Terwyl dit nie nodig is om al hierdie funksies te gebruik nie, moet jy deeglike gebruik maak van die aanbevelings en persoonlikheids instellings.

Om aflyn musiek te beheer is nie maklik nie. In hierdie handleiding het ek jou gewys hoe om aflyn musiek op jou toestel te beheer.

Met iOS 10 en ‘n iTunes opdatering, het Apple die koppelvak deeglik herontwerp om dit makliker te maak om te gebruik, maar dis nog steeds nie klaar nie.  Hulle moet nog die Musiek toepassing vir Android opdateer, klein probleme regmaak in iOS of vermisde funksies terug bring. As jy alreeds deel is van Apple Music, leer een funksie op ‘n slag.

Advertisement
Advertisement
Looking for something to help kick start your next project?
Envato Market has a range of items for sale to help get you started.