Unlimited WordPress themes, graphics, videos & courses! Unlimited asset downloads! From $16.50/m
Advertisement
  1. Computer Skills
  2. Apple

Doen Meer met Apple Music Streaming Diens – Deel 2 

by
Difficulty:IntermediateLength:ShortLanguages:

Afrikaans (Afrikaans) translation by Mel (you can also view the original English article)

In hierdie, die tweede deel van drie handleidings, gaan ek jou wys hoe om:

  • Apple Music Aanbevelings Persoonlik te Maak
  • ‘n Persoonlike radio stasie in Apple Music te skep

Hoe om Apple Music se aanbevelings persoonlik te maak

Wanneer jy eers aansluit by Apple Music, word jy na ‘n skerm toe geneem waar jy genres en kunstenaars kies waarvan jy hou.  Hierdie is ‘n noodsaklike stap omdat die Apple Music help:

  • Help verstaan watter tipe musiek jy van hou en na wil luister
  • Om musiek aan te beveel uit die genres wat jy gekies het
  • Om te leer watter genres jy nie van hou nie en nie in die For You afdeling wil sien nie
  • Om beter aanbevelings van musiek kenners of redakteurs te kry in die vorm van speellyste of liedjies

As jy alklaar deel is van Apple Music, dan kan jy hierdie aanbevelings herstel en weer kies. Maar onthou dat dit nie nodig is om dit te herstel en weer te kies op elke toestel nie.

Op 'n Mac

Klik die Account knoppie in die iTunes toolbar, en klik Choose Artists For You.

Tik jou Apple ID wagwoord in, indien nodig.

choose-artists-for-you-mac
Kies jou kunstenaars in Mac

Jy sal rooi borrels regoor die hele skerm sien.

  • Klik een keer op die borrel vir genres waarvan jy hou
  • Klik twee keer op ‘n borrel van ‘n genre waaroor jy mal is
  • Om ‘n genre te verwyder waarvan jy nie hou nie, hou jou muis oor die borrel en klik X
choose-genres-you-love
Kies jou gunsteling genres in hierdie groot borrels

Klik Next om aan te gaan. Op hierdie skerm moet jy die kunstenaars kies waarvan jy hou.

Klik die Show More knoppie om aan te gaan, totdat die hele skerm vol kunstenaars is waarvan jy hou. 

Wanneer jy klaar is, klik Done. Die For You afdeling sal nou aanbevelings wys gebasseer op jou kriteria.

choose-artists-you-love
Kies jou gunsteling kunstenaars van hierdie groot borrels

Op die iOS

Klik die profiel ikoon in die regter hoek heel bo, en klik op Choose Artists For You.

choose-artists-for-you-ios
Kies kunstenaars vir jou op jou iOS toestel

Herhaal nou die stappe van die Mac afdeling.

Op Android

Klik die hamburger menu ikoon in die linker hoek heel bo.

Aan die bokant van die menu, klik die pyl ikoon net langs jou naam om na jou instellings te gaan.  Van daar af, klik, Choose Artists For You.

personalize-apple-music-android
Maak apple music persoonlik op 'n android toestel 

Herhaal nou al die stappe van die Mac afdeling. 

Verfyn die Apple Music Aanbevelings

Soos jy nuwe albums, liedjies en speellyste hoor, wil jy dalk jou voorstelle verfyn om hul aanbevelings verbeter.  Die sleutel om Apple Music aanbevelings te verfyn is die Love en Dislike knoppies.

As jy later van plan verander, klik weer die Love of Dislike knoppies om dit skoon te vee.

Wanneer jy na ‘n liedjie, album, speellys of radio stasie luister, klik die Love of Dislike knoppie.  Jy sal begin om beter aanbevelings te kry gebasseer op die items waarvan jy hou of nie van hou nie.

Die For You afedeling bevat kunstenaars, albums en speellyste gebasseer op jou Love geskiedenis.

Op 'n Mac

Hou die muis oor die liedjie naam, klik dan die More… ikoon.  Klik Love of Dislike in die konteks menu.

Of klik die More… ikoon vanaf Albums en klik Love of Dislike in die konteks menu.

love-and-dislike-button-mac
Klik die love of dislike opsie in die Mac 

Op iOS

Terwyl jy na ‘n liedjie luister, klik die speler aan die onderkant van die skerm om die Now Playing skerm oop te maak.  Klik die More… ikoon en kies Love of Dislike.  Of klik More… vanaf Albums en klik Love of Dislike in die konteks menu. 

love-and-dislike-button-ios
Love en dislike knoppies in 'n iOS toestel is versteek agter hierdie ellips opsie

Op die Android

Klik en hou die album waarvan jy nie hou nie. Vanaf die menu wat opdaag, klik I Don’t Like This Suggestion

dislike-option-in-android
Dislike opsie in 'n android toestel

Die Love en Dislike knoppies is baie belangrik as jy wil aanhou om jou Apple Music aanbevelings te verfyn.

Aan die begin, gaan die aanbevelings nie baie akkuraat wees nie.  Maar soos jy luister en die love en dislike knoppies gebruik, gaan die aanbevelings beter word.

Skep ‘n Persoonlike Radio Stasie in Apple Music

Met ‘n Apple Music lidmaatskap, kan jy na saamgestelde aangevraagde stasies luister of jy kan jou eie stasies skep.  Hierdie stasies het nie advertensies nie en jy kan oneindigende liedjies verbyslaan.

Apple Music Radio laat jou toe om na ‘n paar Gewilde Stasies te luister, maar dit beperk jou luister ervarings heelwat.  Jy kan jou eie persoonlike radio stasie skep en die meeste voordeel kry uit die baie inhoud van Apple Music.

Apple Music Radio stasies speel nie net musiek van die kunstenaar nie; agter die skerms werk hulle soos ‘n Genius speellys.

Byvoorbeeld, as jy ‘n album kies vir ‘n Apple Music Radio stasie, kan jy na liedjies op daardie album luister, sowel as ander deur dieselfde kunstenaar en soortgelyke kunstenaars ook.

Op Mac

Klik die Search boks in die regter hoek bo aan iTunes.  Tik die kunstenaar se naam, album of liedjie in en klik All Apple Music.

Scroll na die Stations afdeling en kies die stasie waarna jy wil luister. Jy kan toegang tot die nuwe stasies kry in die Recently Played afdeling van Radio

choose-premade-station-apple-music
Kies voorafgemaakte stasies vanaf die Apple Music Radio

Terwyl jy na ‘n persoonlike radio stasie luister, klik die Star ikoon in die Now Playing skerm en kies of Play More Like This of Never Play This Song.

Wanneer jy dit doen, leer Apple Music van jou voorkeure, jou Likes en Dislikes, wat weer per beurt vir jou beter aanbevelings gee.

Klik Add to Library om die liedjie in jou biblioteek te stoor.

fine-tune-custom-radio-station-mac
Klik Star om jou radio stasie te verfyn

Op iOS

Klik die Search knoppie onder aan die skerm.  Tik die kunstenaar se naam, album of liedjie in en klik Apple Music

Scroll na die Stations afdeling en kies die stasie waarna jy wil luister.

Kry toegang tot jou nuwe stasie in die Recently Played afdeling by Radio.  Hierdie stasies sync outomaties met Mac ook wanneer die iCloud Music Library aan is.

create-premade-station-ios
Kies voorafgemaakte stasies vanaf die Apple Music Radio

Wanneer jy ‘n liedjie of kunstenaar vind waarvoor jy ‘n radio stasie wil skep, gebruik 3D touch of klik die More… ikoon.

Klik Create Station om jou radio te begin speel. Jy kan ook vir Siri vra om ‘n stasie te begin by Start a station from... en dan sê jy net die naam van die liedjie, album of kunstenaar. 

create-custom-radio-station-ios
Skep 'n persoonlike radio stasie op iOS

Op Android

Klik die Search ikoon aan die bokant van die skerm.  Tik die kunstenaar, album of liedjie in en klik All Apple Music.

Scroll na die Stations afdeling en kies die stasie waarna jy wil luister.  Jy kan hierdie stasies in die Recently Played afdeling vind in jou Radio.

Hierdie stasies sync met ‘n Mac en iOS toestel wanneer jy die iCloud Music Library aanskakel. 

choose-premade-station-android
Kies voorafgemaakte radio stasies in 'n android toestel

Wanneer jy ‘n liedjie of kunstenaar vind waarvan jy ‘n stasie wil maak, klik die More… ikoon en klik Radio om te begin.

start-radio-station-from-a-song-android
Begin 'n radio stasie met enige liedjie of album

Die Love en Dislike knoppies is baie belangrik as jy wil aanhou om jou Apple Music aanbevelings te verfyn.  Aan die begin, gaan die aanbevelings nie baie akkuraat wees nie.  Maar soos jy luister gaan die aanbevelings beter word.

Volgende

In die vorige handleiding, het ek jou gewys hoe om:

  • Apple Music Aanbevelings Persoonlik gemaak
  • Maak ‘n persoonlike radio stasie in Apple Music

In die volgende handleiding, gaan ek jou wys hoe om:

  • Beheer aflyn musiek in PCs en slimfone 
  • Kry lirieke vir die liedjies waaroor jy mal is 
  • Deel  ‘n Apple Music lidmaatskap
Advertisement
Advertisement
Advertisement
Looking for something to help kick start your next project?
Envato Market has a range of items for sale to help get you started.